Eddie La Grange, Nico Kleynhans en J.D. Buys van Laerskool Bloemfontein, het deelgeneem aan die Vrystaat o/14 Enkelspel “Blackball” Kampioenskappe. Eddie het ‘n 1ste plek, Nico ‘n 2de plek en J.D. ‘n 5de plek verwerf by die byeenkoms.
Hulle het ook deelgeneem aan die o/14 Dubbels “Blackball” Kampioenskap. Eddie behaal ‘n 3de plek. Nico en J.D. behaal elk ‘n 2de plek.
Daarna besluit hulle om ook in te skryf vir die o/18 Enkelspel, waar Eddie ‘n 2de plek behaal en Nico ‘n 5de plek.
By die o/18 Dubbels verwerf Eddie en Nico ‘n 5de plek.

Eddie, Nico en J.D. het ook deelgeneem aan die Vrystaat “blackball” o/14 uitdunne. Eddie word ingesluit in die o/14B span en Nico word ingesluit in die o/14A span. Eddie en Nico gaan nou die Vrystaat verteenwoordig in “Blackball” by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gedurende 25 – 30 Maart 2019.

Baie geluk, ons is baie trots op julle wat sommer so tussen die groot manne presteer!