Theané Rautenbach, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Reitz, het tydens ‘n “3-kamp byeenkoms”  te Aldam puik presteer.  Sy het 3de geëindig.

Hierdie byeenkoms het bestaan uit 750m swem, 20km fietsry en 5 km hardloop.  Joanné Bonthuys, ‘n graad 5 leerlinge van Hoërskool Reitz het ook deelgeneem.

Op die foto bo is van links:  Joanné Bonthuys en Theané Rautenbach