Janke Kotze van JF het vanaf 4 tot 7 Julie in die Kaap aan die o/19  9-Ball SA Kampioenskappe deelgeneem. Sy behaal ‘n tweede plek en verwerf ‘n silwer medalje . Sy het ook aan die o/23  9-Ball Kampioenskappe deelgeneem. Janke word ook in die Protea Span opgeneem wat in November in Rusland aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.