Stephan du Plooy, leerder van Laerskool Truida Kestell neem, as lid van die Vrystaatspan, deel aan die Suid-Afrikaanse interprovinsiale toernooi. Die Vrystaat eindig vierde in die toernooi.

Na afloop van die toernooi word Stephan in Tennis S.A. se laerskole onder 13-span as reserwe ingesluit.

Hierdie span sal Suid-Afrika gedurende Augustus in Amerika verteenwoordig.

Die Truidjies is trots op jou, Stephan!