Mignon Thomas van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, presteer by die SOUTH AFRICAN WESTERN MOUNTED GAMES in Kroonstad.

SANESA Vlak 1- 2x goud, 1x silwer en word aangewys as die algehele kampioen van die dag vir SANESA Vlak 1. Sy is ook die algehele kampioen op vlak 1 van SAWMGA( wat hoër- en laerskole insluit) met 1x goud, 1x silwer en 1x brons. Gedurende Maart kwalifiseer sy met haar tye vir vlak 2 SAWMGA en vlak 4 SANESA met 2 x goud, 2 x silwer en 1 x brons en word aangewys as reserwekampioen van die dag vir SANESA vlak 4.

Baie geluk!