Leerders van Truida Kestell, verbonde aan Bethlehem Karate, het die afgelope naweek deelgeneem aan die Vrystaat Karate Proewe te Bloemfontein.

Al die lede wat deelgeneem het, het in hul afdelings span behaal! Die proewe is gehou om 2 Vrystaatspanne te kies, naamlik die Vrystaat Ontwikkelingspan en Vrystaat Elite Karate Span.

Die Elite span neem deel aan die KSA Nasionale Kampioenskappe in Maart en die Ontwikkelingspan in Augustus.

Die karatekas wat presteer het, is:

Ontwikkelingsspan: Hanré Dreyer, Julia de Klerk en Gideon Grové. Hanré Dreyer was ook genomineer as Free State Childrens Development Karateka Of The Year.

Foto: Vlnr: Handré Dreyer, Julia de Klerk en Gideon Grové.