Francis Janse van Rensburg en Isabelle Koch, leerders verbonde aan Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, het die Royal Academy of Dance eksamens gedans, en puik presteer.

Die “RAD” is ‘n internasionale liggaam wat op ‘n uiterste hoë vlak funksioneer.

Francis en Isabelle het onderskeidings asook goue toekennings ontvang. Beslis ‘n groot prestasie!

Foto: Francis (links) en Isabelle (regs)