Susan Bender, van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, het die SANDRA CLAASEN TOP TOEKENNING ontvang.

Hierdie toekenning gaan aan ‘n dogter wat haarself op akademiese-, sport- en kultuurgebied onderskei.

Susan se prestasies is as volg:

AKADEMIE
1. Handhaaf ‘n gemiddeld van hoër as 90% deur die jaar.
2. Vyf of meer vakke bo 80% (9).
3. Akademiese wapen.
4. 1ste klasposisie deur die jaar.
5. Bo 80% in die Vrystaat/Noord-Kaap wiskunde en wetenskap uitdaging.
6. Bo 80% in die SAOU wiskunde in aksie uitdaging. 2de In die Vrystaat/ Noord-Kaap streek.
7. Astronomie vasvra: 4de in die Vrystaat.
8. Conquesta olimpiade: 5 of meer vraestelle bo 80%.

SPORT
1.Hokkie: 1ste span (ligawenners), halwe kleure vir Oos-Vrystaat O/13A.
2. Atletiek: Halwe kleure vir deelname aan die Vrystaat kampioenskappe.
3. Netbal: 2de span.

KULTUUR en REDENAARS
1. ATKV: Halwe kleure vir provinsiale 3de plek.
2. Radikale Redenaars: Erekleure vir nasionale 4de plek in “English first additional language prepared.”
3. Oppie tong af: Erewapen vir nasionale tweede plek in Afrikaans onvoorbereid.
KOOR: Ontvang die meriete toekenning by die Harrismith kunswedstryd as lid van die senior koor.
SANGFEES: Hoofkarakter.

Baie geluk, Susan!