Stefan Meintjes van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, het die Johan Claasen Top-Toekenning ontvang. Hierdie toekenning gaan aan ‘n seun wat homself op akademiese-, sport- en kultuurgebied onderskei.

Stefan se prestasies is as volg:

AKADEMIE
Handhaaf ‘n gemiddeld van 88% of hoër deur die jaar, Vyf of meer vakke bo 80% (7), Akademiese balkie: 83% en hoër deur die jaar.
en Astronomie vasvra: 4de in die Vrystaat.

SPORT
Hokkie: 1ste span, Erekleure vir O/13A Noord-Vrystaat span.
Rugby: 1ste span
Krieket: 1ste span
Tennis: 2de span
Atletiek: Graanveldspan

KULTUUR
Redenaars: Erewapen vir nasionale 2de plek in die Afrikaans eksperimentele afdeling van Radikale Redenaars.
Sangfees: Hoofkarakter
Kunswedstryd: Gedramatiseerde Poësie: A++, Prosa: A+ en Poësie A+

Baie geluk, Stefan.

Truidjies is trots op jou!