Die Vrystaatse Skole Atletiek Assosiasie het Lisa Rautenbach, leerder van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, as die beste dogtersatleet vir 2019 aangewys. Hiervoor ontvang sy die SP Barkhuizen trofee by die goue medalje en erkennings-prysuitdelingsfunksie.

Hierdie Super Truidjie is ‘n nederige, maar talentvolle dogter wat baie hard werk.

Jou afrigers, ouers en skool is baie trots op jou, Lisa!