Laerskool Truida Kestell is baie opgewonde om deel te wees van die Sentrale Super 4-reeks wat volgende jaar sal afskop. Laerskool Truida Kestell, Primêre Skool Universitas, Laerskool Willem Postma en Sentrale Volkskool Kroonstad sal kompeteer in Atletiek, Rugby, Netbal, Hokkie, Krieket, Tennis, Redenaars asook kultuur-aande.

Die doel van hierdie reeks is om A- en B- spanne die geleentheid te gee om kompeterend deel te neem.

Truidjies sien uit na nuwe vriendskappe op- en van die veld af!