Die volgende leerders van Laerskool Naudéville in Welkom, het puik gevaar by die Wow-spelfees!

Naudéville het altesaam 2 eerste plekke, 2 tweede plekke en 1 derde plek behaal. 10 leerders is deur na die volgende rondte van die Wow-Spelfees.

Op die foto vlnr: Jandré van Brakel, Nathan Roderogues (albei eerste plekke) Karlien van Jaarsveld, Eben Bezuidenhout (albei tweede plekke), Abigail Dicks (derde plek), Juliette Schoeman, Aiden Schoeman, Daniêl Montaung, René Nell en Zante van den Heever.