Laerskool Jordania atletiek

Tydens die Super 8 Atletiekbyeenkoms te Vereeniging het Laerskool Jordania van Bethlehem se atlete baie goed gevaar.

Hul atletiekspan het die 2de meeste medaljes verower (17 goud, 16 silwer en 15 brons) en algeheel 4de geëindig. Rileigh Rooiland is tydens die byeenkoms as beste junior seuns-atleet aangewys.

By die Vaalpark Atletiekbyeenkoms in Sasolburg het Ilne le Roux ook baie goed gevaar en die diskus rekord verbeter.

Baie geluk! Sterkte aan die atlete wat op 11 Februarie aan die Graanveld byeenkoms gaan deelneem.

(Foto bo:) Rileigh Rooiland

Ilne le Roux