Fichies se graad 6 Enviro Quizspan, Lisa Botha, Ansua du Buisson, Janeli Saaiman en Marnè van der Walt, het deurgedring na die Vrystaatfinaal
wat by Forever Resorts Gariepdam plaasgevind het.

Hierdie meisies se sterre het behoorlik geskitter en hulle behaal ‘n tweede plek!

Hulle bly Fichies se wenners! Juf. Yolande Steenkamp het die liedjie saamgestel en Mnr. Michael van der Walt was hul mentor en spanbestuurder.

Fichies is super trots op hierdie span!