Laerskool Bloemfontein se netbaldogters, Amo Mochochoko, Michaela Hendriks, Courtney Ntovana, Abigail Adams, Alley-Chè Smith en Relebohile Lesia het puik presteer en is ingesluit in die Motheo spanne wat op 10 Mei deelneem aan die Vrystaatproewe.

Ons is sommer baie trots op julle en hou styf duimvas vir die volgende rondte!

V.l.n.r. 0/13 – Amo Mochochoko, Michaela Hendriks en Courtney Ntovana. 0/12 – Abigail Adams, Alley-Chè Smith en Relebohile Lesia.