Die o/13 A-krieketspan van Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, beleef ‘n onvergeetlike seisoen. Hierdie span is nie net onoorwonne in die Oos-Vrystaat nie, maar het groot spanne in Pretoria en Natal ook op die neus laat kyk.

Baie geluk aan hierdie seuns en afrigter met hierdie puik prestasie.

Foto: Voor vlnr: Connor Nel, Hendrik Janse van Rensburg, Stéphan du Plooy, H.J. Spalding, Ryno Hatting.

Middel vlnr: Wean Claasen, Zack Hatting, Xander Bakker, Johan Whitehead, Hloni Mokoena.

Agter vlnr: Jeandré Ferreira, Mnr Francois Grové (Afrigter), Stefan Meintjes.