Kontiki Pre-Primêre Skool in Bloemfontein se juffrouens het spanwerk geoefen met hul weergawe van The Amazing Race, want gelukkige juffrouens beteken gelukkige kleuters. Om positiewe interaksie te bevorder, bied Kontiki die laaste dag van elke kwartaal vir hul personeel ‘n bindingssessie aan. Hierdie kwartaal het hulle hul eie weergawe van ‘The Amazing  Race’ gereël.

 

Die personeel is in spanne verdeel en moes leidrade ontsyfer wat hulle na 15 verskillende punte in die omgewing geneem het. Elke plek is spesiaal gekies omdat dit op ‘n manier aan die skool verbind was. So byvoorbeeld is Primêre Skool Willem Postma, waarvan Kontiki die voerskool is, en Arrow Music wat in Februarie ‘n uitstalling van kindervriendelike instrumente by die skool uitgestal het. Die juffrouens het hul gate uit geniet, en soos alle goeie dinge met ‘n ete afgesluit moet word, is ontbyt by Euro Café geniet.