Hoërskool Hennenman het weer hul jaarlikse “Colourfun” aand gehou en dit was ʼn aand vol van pret, lag en goeie gees. Die personeel en leerders het almal deelgeneem.

Die “Colourfun” is gevolg deur n sokkie en die graad 8-leerders moes soos myners aantrek. Die instelling is in 2018 begin en verskaf aan die leerders en personeel baie pret en plesier.