Friedl gekies as

“Ambassador of Model SA International 2015” !!!

Foto:    Friedl Janse van Rensburg

“Ambassador of Model SA International 2015”

Friedl Janse van Rensburg is op Saterdagaand, 18 Julie, aangewys as die “Ambassador of Model SA International 2015/6”, waar sy saam met Gert Mostert, Eienaar van Model SA International, gaan werk om Model SA International se beeld na buite positief uit te bou.

Model SA International het van 15-18 Julie 2015 vier Nasionale en Internasionale  kompetisies in die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein aangebied, waarvan Friedl aan twee van hierdie kompetisies deelgeneem het.

By die “Miss Teen  Hollywood South Africa” 2015-kompetisie, op Woensdagaand, 15 Julie, is Friedl as die naaswenner gekroon (tweede in SA) en het sy ook die toekenning ontvang van Beste Bemarker, waar sy binne slegs 15 sekondes op die verhoog `n onbekende produk moes bemark.

By die “Teen World Supermodel South Africa” 2015-kompetisie, op Donderdagaand, 16 Julie, is Friedl weer as die naaswenner gekroon.

Volgens Gert Mostert, Eienaar van Model SA International, verteenwoordig Friedl die “Face” van Model SA International en sal sy ook help met die kaartjieverkope en bemarking van die Eerste Wêreld “Supermodel”-kompetisie wat in Suid-Afrika aangebied word op 19 Maart 2016 in Bloemfontein. Hierdie gebeurtenis is die eerste van sy soort in 47 jaar. Dit maak haar rol nog soveel meer spesiaal vir Suid-Afrika. Daar sal altesaam 50 deelnemers van oor die wêreld deelneem gedurende die groot geleentheid.