JF se Eerste Krieketspan het as oorwinnaars van die Sentraal T20 toernooi, wat op 23 en 24 September 2016 gehou is, uit die stryd getree. Hulle het met die eerstespanne van Diamantveld, Sentraal en Fichardtpark afgereken.

Op die foto bo:

Agter van links na regs : Vano Edem, Delano Williams, Kyle van Aswegen, Hendri Truter, Thiardt Ingram ( Afrigter ), Franco Pretorius, Dawid Redlinghuys, Jaco vd Heever

Voor van links na regs : Tristan Wylie, Jason Forshaw, AD Pretorius ( Kaptein ), Jeandre Strauss, Wian Boshoff.