Op 6 Februarie het graad 11 leerlinge van HTS Welkom hulle ondersteuning gewys vir ‘n gr 8 leerling, Michaela Pottas, wat aan kanker ly.

Hulle het hulle hare afgesny om hul ondersteuning te wys en die pasiënt verras met ‘n geskenkpakkie en ‘n houtbordjie wat by die skool self gemaak is.

Die inisiatief is gedryf deur Sheldon de Beer, WG Nel en mev Karin Herbst.