Soos ander skole, het HTS Louis Botha van Bloemfontein ook ‘n Protea Krieketspeler opgelewer.

Schools That Rock publiseer tans ‘n aantal kort berigte oor oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.

Allan Donald, wêreldbekende Krieketspeler van Suid-Afrika, kom ook nou aan die beurt. Allan Anthony Donald het sy skoolloopbaan aan HTS Louis Botha in Bloemfontein voltooi.

Allan het sy toets-krieket debuut gemaak op 18 April 1992, teen die Wes-Indies in Barbados. Hy het die Suid-Afrikaanse rekord gehou vir paaltjies geneem met 330 toets-paaltjies teen ‘n gemiddeld van 22,25 en 272 1-dag internasionale paaltjies met ‘n gemiddeld van 21,78. Shaun Pollock het beide die rekords verbeter. Allan Donald word gereken as een van Suid-Afrika se beste nasionale boulers. Allan is een van die top snelboulers in toets-krieket. Hy het die ICC Test rankings in 1998 behaal met 895 punte gedurende die volgende jaar. In 1-dag Internasionale wedstryde het hy 794 punte in 1998 behaal na sy spanmaat, Shaun Pollock. Gedurende 2018 en 2019 was Allan assistent -afrigter by Kent County Cricket Club in Engeland. In 2019 is Allan opgeneem in die ICC Cricket Hall of Fame!