Hokkiespelers van Sentrale Volkskool in Kroonstad vaar hierdie jaar uitstekend en ‘n hele aantal leerlinge is ingesluit in onderskeie Noord-Vrystaatspanne.

Ingesluit in die Noord-Vrystaat 0/13A-span is vlnr: Edwin Staal, Tertius Brink, Louis Cronjé, Danie Schoonraad en Jaco Kleingeld.