Hoërskool Witteberg in Bethlehem se studenteraad het die jaar op 'n hoë noot begin toe hulle die afgelope naweek hulle eerste gemeenskapsprojek vir die jaar geloods het.

Die studenteraad het by verskeie inkopiewinkels in Bethlehem die gemeenskap genader om behulpsaam te wees.

Elke persoon wat bereid was om hierdie inisiatief te ondersteun hetn R5 ontvang vanaf die skool. n Behoeftigelys word aan die persoon oorhandig en dan kan die persoonn item of al die items op die lys koop.

Na vier ure se uitkamp voor die winkels stap Witteberg weg met 17 trollies vol inkopies en R2500 se kontant bydrae.

Witteberg wil uit sy hart die gemeenskap van die dorp bedank vir hulle oop hande.

Al hierdie items wat ingesamel is gaan vir minder bevoorregte gesinne..

Foto: Voor vlnr: Yolani Fourie en Pricilla Zim

Agter vlnr: Mev Elna Venter, Ruan Strydom, Marnus Zaaiman en Louis Breytenbach