Vier van Hoërskool Witteberg se atlete het Vrydag en Saterdag 10 en 11 Maart te Bloemfontein deelgeneem aan die “Free State U18, U/20, and Senior, Track & Field Championship”.  In die teenwoordigheid van onder andere Wayde van Niekerk, Chris Harmse en vele ander groot name in Suid-Afrikaanse atletiek het Witteberg se atlete gewys wat in hulle steek.

Die atlete is van links; Jakkie Cilliers  wen die 400m hekkies vir dogters o/18 en eindig tweede in die 100m hekkies, Nadja Fourie was eerste in paalspring vir dames o/20 met ‘n nuwe rekord van 3.50m, Nica Pretorius was eerste in die 2000m hindernis vir dogters o/18 en tweede in paalspring en  Marisca Stander eindig eerste in die 5000m stap vir dogters o/18.  Baie geluk aan hierdie atlete met hul prag prestasies.