Brett de Klerk, `n leerder aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het Vrydag, 14 Februarie, aan die Alle Style Karate-proewe in Bloemfontein deelgeneem waar hy sy Vrystaat Karate Kleure verwerf het.

Brett sal die Vrystaat by die Suid Afrikaanse KSA Karate kampioenskappe verteenwoordig op 21 en 22 Maart in Durban.