Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se 1ste dogterskrieketspan het kragte gemeet teen Hoërskool Vrede op Maandag, 11 Februarie.

Nadat Vrede die loot gewen en Witteberg ingestuur het om eerste te kolf, behaal Witteberg se meisies 130 lopies in die gegewe 20 beurte.

Daarna betree Witteberg die veld as die span met die bal in die hand.

Witteberg se boulers het amok veroorsaak. Danniq van Wyk neem 2 paaltjies in 4 beurte vir 28 lopies.
Monya Honiball neem 1 paaltjie in 4 beurte vir 13 lopies. Leoné Lubbe neem 1 paaltjie in 3 beurte vir 4 lopies.
Anli Meades en Jané Nel het ook elk 1 paaltjie geneem.

Die ster van die dag met die bal was wel Leandi Penn. Sy neem 3 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 6 lopies af!

Hierdie fantastiese boulvertoning deur die Wittebergers lei hulle na ‘n 73-lopie oorwinning.

Baie geluk girls!