Die 1ste dogterkrieketspan het vanjaar weer verwoesting gesaai in hul liga. Hul eindig onoorwonne tydens hul ligabepalings en speel in die finaal teen Senekal waar hul wegstap as die TBM-ligawenners.

Jakkie Cilliers wat vir 5 jaar in ‘n ry vir dié span gespeel het moker 47 lopies van slegs 27 balle. En Leoné Lubbe en Anli Meades laat elk 2 paaltjies kantel.

Hul wen hierdie liga vir die derde agtereenvolgende jaar.

Baie geluk meisies!

Die Wittes is trots op julle!