HOËRSKOOL WILGERIVIER WEEREENS SAAM MET DIE TOP SKOLE IN S.A. MET 2018 – MATRIEKUITSLAE

Hoërskool Wilgerivier in Frankfort het weereens verlede jaar bewys dat hulle met die top-skole kan saam gesels!

Die Graad 12’s en personeel van 2018 het weereens die skool se naam in die Rekordboeke verewig met:

• ‘n 100% slaagsyfer, waarvoor die skool ‘n Goue Toekenning van die Departement ontvang het.
• Een van die Top 50 Akademiese skole in die Vrystaat.
• 71.11% kan ‘n graadkursus voltooi (32 leerlinge) – Universiteitsvrystelling.
• 28.88% kan inskryf vir ‘n diplomakursus (13 leerlinge).
• Uit ‘n totaal van 45 leerlinge word 41 A-simbole, 70 B-simbole, 60 C-simbole en 78 D-simbole behaal.

Leerlinge wat skitterend presteer het:

Wimé Rautenbach: verseker die kersie op die koek met 7 onderskeidings:
Afrikaans (82%), Engels (84%), Wiskunde (88%), Lewensoriëntering (95%), Geografie (90%), Lewenswetenskap (85%) en Fisiese Wetenskap (86%).

Wimé was regdeur die jaar die Duxleerling en op sport-; kultuur- en akademiese gebied aan die brand. Wimé, jy is ‘n ster; Hoërskool Wilgerivier is trots op jou! Mag jou toekoms rooskleurig wees en mag daar wonderlike mylpale langs jou lewenspad wees.

Izak Hattingh: 4 onderskeidings:

Wiskunde (81%), Lewensoriëntering (91%), Lewenswetenskap (80%) en Rekeningkunde (84%). Hy laat die volgende vakke hermerk: Engels; Fisiese Wetenskap; Ingenieursgrafika & -ontwerp en Afrikaans.

Juan Jordaan: 3 onderskeidings:

Wiskunde (82%), Lewensoriëntering (89%) en Rekeningkunde (91%). Hy laat die volgende vakke hermerk: Engels; Lewenswetenskap; Fisiese Wetenskap en Afrikaans.

Deoné Mocke: 3 onderskeidings:

Engels (80%), Lewensoriëntering (89%) en Rekeningkunde (83%). Sy laat die volgende vakke hermerk: Dramatiese Kunste, Lewenswetenskap; Fisiese Wetenskap en Afrikaans.

Charl Cilliers: 2 onderskeidings:

Lewensoriëntering (88%) en Geografie (80%).

Hy laat die volgende vakke hermerk:
Afrikaans; Engels; Wiskunde; Dramatiese Kunste; Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap.

Martinette Müller: 2 onderskeidings:

Lewensoriëntering (92%) en Dramatiese Kunste (80%). Sy laat die volgende vakke hermerk: Afrikaans; Engels; Fisiese Wetenskap; Wiskunde en Lewenswetenskap.

Remando Strydom: 2 onderskeidings:

Lewensoriëntering (80%) en Ingenieursgrafika & -ontwerp (81%).

Vakonderskeidings:

Lewensoriëntering: 21

Rekeningkunde: 3

Toerisme: 3

Wiskunde: 3

Engels: 2

Lewenswetenskap: 2

Geografie: 2

Dramatiese Kunste: 2

Fisiese Wetenskap: 1

Afrikaans Huistaal: 1

Ingenieursgrafika & -ontwerp: 1

Alle eer aan ons Hemelse Vader vir dié puik leerlinge en onderwysers van Hoërskool Wilgerivier, sonder wie bogenoemde nie sou gerealiseer het nie.

Al die personeel is dit eens dat dit baie sweet, trane, energie, toewyding en dryfkrag geverg het, maar die resultaat was vreugde en dankbaarheid.

Volgens meneer Hennie Pelster, Skoolhoof van Hoërskool Wilgerivier:
• Is sukses nie toevallig nie – dit verg baie harde werk, uithouvermoë, ure voor die boeke, opofferings en meeste van alles – ‘n liefde vir wat jy doen.
• Sukses word net bereik deur diegene wat bereid is om daarvoor te werk – iemand met ‘n doel in die lewe.

Volgens hom lê kwaliteituitslae in kwaliteitonderrig. Dis sy wens dat al hulle drome waar word. Hulle was in ‘n klas van hulle eie en sal altyd ‘n baie belangrike deel van die geskiedenis van Hoërskool Wilgerivier wees!

Hy beklemtoon dat hierdie prestasies toegeskryf word aan geloof, vertroue en dissipline, asook die skool se gebalanseerdheid; personeel wat met toewyding en geesdrif hul taak verrig, ondersteunende ouers en kwaliteit kinders wat met trots die skool se leuse uitleef: “ARBEID VEREDEL DIE GEES”.

Hoërskool Wilgerivier is trots op die puik akademiese prestasies deur die KLAS VAN 2018!

HOËRSKOOL WILGERIVIER : DIE INTELLIGENTE KEUSE!