Hoërskool Vrede neem die afgelope 20 jaar deel aan die Nasionale Wiskunde Olimpiade. 80 000 Leerders het vanjaar ingeskryf vir die kompetisie. 9 Van Hoërskool Vrede se leerders het na die 2de rondte deurgedring.

DeWet Gerber (Gr12) het onder die top 54 in die Vrystaat geëindig. Emily Castro en Anchen Gerber (albei Gr9) eindig onder die top 57 in die Vrystaat – Juniors.