Hoërskool Vrede o/15 wen Griffons finale teen HTS Sasolburg 29-17

Toespraak deur die hoofleiers Jana Fourie en DeWet Gerber:

“As daar iets is wat vir ons besonders merkwaardig was hierdie naweek, was dit:
Die glimlagte van elke kind
Die liefde van ‘n ma
Die vreugde van ‘n pa
En die gespog van trotse ondersteuners

‘n Toekenning beteken niks as dit nie ander inspireer nie, maar dit kan ons jul verseker, dat hierdie o/15 span se prestasies ons almal inspireer. Dit is besonders inspirerend om te sien hoe klein en groot jul op die hande dra
en hoe hul, hul helde op die naam uitken.

Julle is ‘n groot inspirasie in ons skool en ons kan nie uitgepraat raak oor julle besonderse spanwerk en -gees nie. Om nie eers van die personeel te praat nie. Ons is dalk ‘n klein dorpie, heuwel omring, maar jul harte strek ver oor die grense.

Dit is met groot opgewondenheid dat ons dink aan die skool se naam op die trofees en kan erken dit was deel van ons skoolloopbaan. Ons wil bars van trots vir nog ‘n oorwinning op jul kerfstok en wens jul alle sterkte toe
vir dit wat nog kom.

 

(Foto bo) Agter vlnr: Juandré van Zyl, James McIntosh, Ruben Luus, Mnr Janco Els, Tiaan Malan,
Pieter Hamman, Chris Swanvelder, Rudi Geyer, Michael Cillers, Wian Labuschagne
Juandré Nel, Armand Koegelenberg en Gideon Groenewald
Voor vlnr: Bradley Swart, Wiam Cillers, Wessel Renison, Solomzi Dlamini en Hans-Jurie Duminy