V.l.n.r: Franco Bibbey, Ruben Luus, Wessel Renison, PR Gleeson, Calla Cilliers, Wiam Cilliers, Janus Esterhuizen, Andrew Strydom, Michael Cilliers, Wian Labuschagne en Tiaan Malan.

Hoërskool Vrede se 1ste krieketspan het op 30 Januarie teen Hoërskool Reitz gewen met 111 lopies!

Die uitblinkers van hierdie wedstryd was Ruben Luus met 41 lopies en Calla Cilliers het 3 paaltjies laat spat! Die seuns se veldewerk was soos oudergewoonte puik.

Dankie dat julle Vrede se naam hoog hou. Baie geluk, manne!