Twee Gr. 8 seuns van SPS in Brandfort, Jannes Dempsey en Antohnie Marx, en PG de Vos, Gr 9, is in die Top 15 van ons Distrik wat deelneem aan die Wiskunde Olimpiade wat deur die Onderwysdepartement aangebied word. Hulle gaan nou aan die Provinsiale rondte deelneem in Bloemfontein.

PG de Vos is 2de in die Top 15.

Op die foto bo:  v.l.n.r.: Jannes Demsey, PG de Vos en Anthonie Marx