Voor v.l.n.r.: Mev. J Theron (Afrikaans), Mev. M Botha (RTT) en Mnr. H Potgieter (Musiek).
Agter v.l.n.r.: Mev. B Engelbrecht (Afrikaans), Mev. H Schoeman (Musiek), Mnr. N Jansen van Rensburg (Geografie), Mnr. J Keyser (IT) en Mnr. A Jansen van Rensburg (Hoof).

Baie geluk aan Hoërskool Sentraal se leerkragte wat puik presteer het in hul onderskeie vakgebiede en vereer is op die Motheo-onderwysdistrik se plegtigheid verlede Saterdag. Geografie, IT, Musiek en RTT behaal eerste plekke in die Motheo distrik. Afrikaans behaal ‘n tweede plek in Motheo asook in die Vrystaat.