Anke Koen

Baie geluk aan Hoërskool Sentraal se o.15 B krieketspan wat, Maandag, 10 Februarie, Hoërskool Fichartpark gewen het met 5 paaltjies.

Anke Koen, die enigste dogter op die veld, het 5 paaltjies vir 12 lopies in 4 boulbeurte geneem! Dit sluit ‘n driekuns van die eerste drie balle van die wedstryd in.