Baie geluk aan Anine Schlebusch, Reuben Duvenhage, Wenzel Ketterer, Bianca Smith, Adriaan Badenhorst, Nicolaas van Rensburg, Alwyn Groenewald en Jandré Lombaard van Hoërskool Sentraal wat aan die Nasionale Bisley in Kaapstad deelgeneem het.

Die volgende uitslae is behaal:

0/14 A – 2de plek – Anine Schlebusch lid van die span – kry ook silvermedalje vir 10m staan
0/16 A – 1ste plek – Reuben Duvenhage, Wenzel Ketterer en Bianca Smith, deel van die span. Bianca verwerf ‘n silver medalje vir die 10m staan.
O/21A – 1ste plek – Adriaan Badenhorst, Nicolaas van Rensburg en Alwyn Groenewald

Die Vrystaat se 0/21A-span en 0/16A-span word ook aangewys as die beste sporter span in die land. Ses van die 8 skuts in hierdie 2 spanne is van Hoërskool Sentraal!

Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.

Die volgende Skuts is gekies vir die SANSSU-SPORTERSPAN (Nasionaal): Adriaan Badenhorst, Nicolaas van Rensburg, Alwyn Groenewald, Jandré Lombaard en Wentzel Ketterer.

Nicolaas van Rensburg behaal ‘n 7de plek in die Sporter finale kompetisie wat op ‘n uitklop basis heel laaste geskiet is.

Foto: V.l.n.r: Bianca Smith, Jandre Lombaard, Alwyn Groenewald, Nicolaas van Rensburg, Reuben Duvenage, Wenzel Ketterer en Adriaan Badenhorst