Die volgende skuts was deel van die SANSSU–Span wat aan die British Junior International in Engeland, Camp Bisley deelgeneem het vanaf 6 – 9 Augustus. Die Vrystaatspan het 5 verteenwoordigers gehad waarvan 3 Sentraal-leerders is.

Adriaan Badenhorst behaal twee 1ste plekke met die 3 p en 10 m staan onderskeidelik, finale uitgesluit
Nicolaas Jv Rensburg behaal ‘n 3de plek met die 10 m staan en ‘n 6e plek met die 3 p
Tiaan de Wet behaal ‘n 6de plek tydens die 10 m staan en ‘n 7e plek met die 3p
Carel Theron behaal ‘n 2de en 3de plek tydens die finale van die 3 p en 10 m staan

Die Vrystaatskuts was ook deel van die onderskeie spanne wat 1ste, 2de en 3de plekke ontvang het tydens die kompetisie in geheel.

Die seuns was deel van ‘n span van 13 Sporterskuts en het uitsonderlik presteer.

Foto bo: Voor vlnr: Tiaan de Wet ( Sentraal), Nicolaas Janse van Rensburg ( Sentraal)
Agter vlnr: Adriaan Badenhorst ( Sentraal), Ruan Coetzee ( Fichardtpark) en Carel Theron ( Jim Fouchè)