Hoërskool Sentraal is trots op hul skuts wat die afgelope vakansie aan die Nasionale kampioenskappe in Newcastle deelgeneem het, en goed presteer het.

Voor: vlnr:  Ruben Duvenhage ( o/16 B span eindig 3de); Adriaan Badenhorst ( eindig gesamentlik 1ste individueel en o/16 A span eindig 1ste);   Wentzel Ketterer (o/16 B span eindig 3de)

Agter vlnr: Dawie vd Merwe ( o/16 B span eindig 3de); Tiaan de Wet (o/21 A span eindig 1ste); Nicolaas J van Rensburg (o/21 span eindig 1ste   individueel en gesamentlik 3de); Gerald van Heerden (o/16 A span eindig 1ste individueel en o/16 3de in 10 m staan); Adriaan Badenhorst,  Nicolaas J van Rensburg en Tiaan de Wet word gekies vir die SANSSU-span