Baie geluk aan Benjamin en Cara van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, wat die volgende prestasie behaal het:

Cara het 3de gekom in beide die SA Nasionale Alpynse ski Kampioenskappe  en die Junior National Champs;  ‘n  prestasie om as Junior in die ouer afdeling derde te kom.  Benjamin het die SA Junior Alpynse ski kampioenskappe gewen.

Die kampioenskappe het plaasgeving op Sat 28 Julie op die 1250m Gully helling by Tiffindell met die wegspring op 2850m en die eindstreep op 2710m. Dit beteken ‘n val van 140m steil afdraand. Sommige atlete bly lê as hulle onder kom – spiere aan die brand van die ‘lactic acid’ wat opbou.  Party val dat die nerwe waai. .

Die NC en NJC is twee aparte kompetisies  elk met twee wedlope. As jy val is jy uit. Die wenner met die beste gekombineerde tyd vir beide – heelwat moontlikhede vir diskwalifikasie.

Boonop is daar 49 hekke waar rondom jy jou pad moet vind en al vier die roetes is op verskillende patrone opgestel deur internasionaal-geregistreerde afrigters.  Jy moet elke keer die roete memoriseer teen spoed. Daar is nie tyd om te dink nie.

Die SA kampioneskappe het deel uitgemaak van internasionale kompetisies en met deelname kan jy jou posisie op die wêreldranglys verbeter.

Daar was altesaam 52 deelnemers van Oostenryk, België, Tjeggiese Rep, Frankryk, Groot Brittanje, Italië, Kosovo, Portugal, Turkye, VSA en Suid-Afrika.