Baie geluk aan Moné de Jager en Danielle Ceronio van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein wat die afgelope naweek aan die Vrystaat Nasionale kompetisie in Bloemfontein deelgeneem het.

Moné wen ‘n goue medalje in die Epee junior en verower brons in die senior kompetisie.

Danielle wen ‘n goue medalje in die Foil 0/17 en Epee 0/17 sowel as ‘n brons in Foil 0/20.

Foto bo: Moné is 2e van regs

Danielle is 2e van links