Baie geluk aan Este Erasmus van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, wat Vrystaat kleure verwerf het in Western Mounted games.

Sy gaan die Vrystaat op Nasionale vlak verteenwoordig aan die einde van September.

Sy neem aan hierdie vlak van perdry deel, wat uit verskillende stadiums bestaan, soortgelyk aan Gymkhana.

Haar perd se naam is Sugar.