Baie geluk aan Eben van Rooyen van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, wat tydens die Vrystaat-streekresies in rondte 3 en 4 aan die MX 85 klas deelgeneem het en in beide rondtes eerste plekke behaal het.