Baie geluk aan Lize Botha, Leila Theron en Nedine Theron van Hoërskool Sentraal wat in Gimnastiek presteer het:

Lize Botha

Artisties – Vlak 5,13 -17 jaar: Lize behaal ‘n algehele 4e plek by die Vrystaatkompetisie wat 17 Augustus 2019 in Bloemfontein plaasgevind het.

Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25 tot 29 September in Kaapstad plaasgevind het.

Leila Theron

Dubbel Minie Trampolien- Vlak 5, 15 jaar en ouer: Leila verower ‘n goue medalje by die Vrystaatkompetisie wat 27 Julie in Bloemfontein plaasgevind het. Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25 tot 29 September in Kaapstad plaasgevind het.

Tydens die SA Spele ontvang sy ‘n brons medalje en Vrystaat Kleure.

Euro Trampolien- Vlak 4, 15 jaar en ouer: Leila verower ‘n goue medalje by die Vrystaatkompetisie wat 27 Julie in Bloemfontein plaasgevind het.
Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25-29 September in Kaapstad plaasgevind het.

Tydens die SA Spele ontvang sy ‘n 4e plek en Vrystaat Kleure.

Syncro Trampolien : Ontvang ‘n goue medalje by die SA spele saam met Jordyne Mc Donald.

Tuimel- Vlak 5, 15 jaar en ouer: Leila verower ‘n brons medalje by die Vrystaatkompetisie wat 26 Julie in Bloemfontein plaasgevind het.
Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25-29 September in Kaapstad plaasgevind het.
Tydens die SA Spele ontvang sy ‘n 9e plek en Vrystaat Kleure.

Nedine Theron

Dubbel Minie Trampolien- Vlak 5, 15 jaar en ouer: Nedine verower ‘n brons medalje by die Vrystaatkompetisie wat 27 Julie in Bloemfontein plaasgevind het. Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25-29 September in Kaapstad plaasgevind het.

Tydens die SA Spele ontvang sy ‘n silwer medalje en Vrystaat Kleure.

Euro Trampolien- Vlak 5, 15 jaar en ouer: Nedine verower ‘n goue medalje by die Vrystaatkompetisie wat 27 Julie in Bloemfontein plaasgevind het.
Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25 tot 29 September in Kaapstad plaasgevind het.

Tydens die SA Spele ontvang sy ‘n 4e plek en Vrystaat Kleure.

Tuimel: Vlak 6: 15 jaar en ouer: Nedine verower ‘n silwer medalje by die Vrystaatkompetisie 26 Julie in Bloemfontein plaasgevind het.

Sy kwalifiseer om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Spele wat 25 tot 29 September in Kaapstad plaasgevind het.

Tydens die SA Spele ontvang sy ‘n 9e plek en Vrystaat Kleure.

Foto: Nedine Theron en Leila Theron.

Afwesig: Lize Botha