Hoërskool Reitz verwelkom die stedelike been van die VKB rugbyweek 2018 in die hartjie van die Riemland.

Die eerste dag  skop af met uitstekende rugby, waar die Limpopo Blou Bulle Noord Natal met 40 -15 kafdraf.

Die Arende wen OP naelskraap met 27-25. Tydens die derde wedstryd wen die Griffonspan die Valke-Suid met 24-20.

Die dag van skouspelagtige rugby is afgesluit met ‘ n  oorwinning vir die Luiperds van 49- 32 teen Valke-Oos. Ons sien uit na nog rugby wat enige ondersteuner se hart trots laat klop.