Hoërskool Reitz is baie dankbaar vir die geleentheid en voorreg om hierdie jaar aan Skole Kook te kon deelneem. Die graad 11 ‘s wat deelgeneem het, het baie geleer en ervaar. Hulle is bevoorreg om tans die 2de plek, uit 22 skole landwyd, te beklee. Die Semi-finale word uitgesaai op Maandag 2 Desember om 18:00 op Via, kanaal 147. Kyk asseblief vir Elspeth Scheepers en Liza-Lee Jordaan.

Reitz is só trots op wat hulle tot hier bereik het!

Baie dankie aan Hoërskool Reitz, die personeel en beheerliggaam en elke persoon in die gemeenskap wat die leerders sover ondersteun het. “Baie dankie aan Hetta Saunderson, die vervaardiger, en haar hele span, al die borge asook aan Via vir die lugtyd en program wat julle uitsaai.

Julle is besig met ‘n ongelooflike projek wat baie kinders se lewe aanraak en verander”.

“Ons is so trots om deel te kon neem.

Dit was ‘n hoogtepunt van ons jaar en ‘n ongelooflike ervaring!!!”