Corné Pretorius, ‘n graad 10 leerling van Hoërskool Reitz het puik presteer tydens die Unisa Musiek-eksamen.

Corné het Graad 4 Teorie met lof geslaag, met 92%.  Met hierdie prestasie verskyn sy naam nou op die Ererol van Uitblinkers vir Musiekteorie 2015 van Unisa.  Sy naam, asook dié van sy afrigter (me. Douwes Dekker) sal in die Junie 2016 uitgawe van Muskus (44,2016) verskyn.