Gerné Potgieter, ‘n graad 2-leerder van Hoërskool Reitz is die Suid-Afrikaanse o/8-dogters landloopkampioen vir 2018.

Sy het die wedloop oor 1km in Port Elizabeth met ‘n tyd van 4minute en 4 sekondes gewen, wat haar prestasie nog meer indrukwekkend maak, is dat die tweede atleet 12 sekondes na haar oor die wenstreep is.

Welgedaan, Gerné!!