Wilhelm Potgieter, ‘n graad 2-leerder van Hoërskool Reitz, het puik presteer tydens die Suid-Afrikaanse Landloop kampioenskappe (ASA) te Centurion (Pretoria).

Hy het tydens die Seuns 0/8 wedloop ‘n tyd van 3 minute 26 sekondes oor een kilometer afgeblits. Albei die eerste twee posisies het dieselfde wentyd behaal.

Wilhelm is egter tweede geplaas en het daardeur die silwer-medalje gewen.

Die Vrystaat 0/8-span het ook in die spankompetisie tweede geëindig.

Wilhelm was die span se eerste atleet oor die wenstreep.