Baie geluk aan Mia-Marie Campher van Blouskool met haar inskrywing van die Santam Child Art Competition.

Sy het ingeskryf vir die Santam Child Art Competition en haar kunswerk is gekies om in die Santam 2020-kalender te verskyn.

Sleg 12 kunswerke word jaarliks gekies en vanjaar was daar 4300 inskrywings!!

Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie.

Mia-Marie is ‘n graad 10-leerder by Blouskool en ‘n kuns-student van Me. Marié Leonard.