Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein se matrieks van 2017 het weereens ‘n 100% slaagsyfer behaal.

JF is een van slegs 115 skole  in die land wat die afgelope 5 jaar 100% slaagsyfer kon behaal. 19 Leerders het 4 of meer onderskeidings verwerf. 224 Vakonderskeidings is behaal en 78% van die matrieks het geslaag met matriekvrystelling. In al die 21 vakke wat deur JF aangebied word, is ‘n gemiddeld van 57% en hoër behaal. Jim Fouché is ook baie trots op die 3 leerdes onder die top 50 in die Vrystaat wat uitgenooi is na die Departementele prysuitdelingsfunksie.

Iselle van der Heever 8 onderskeidings – Top 50 in die VS

Mikayla Mostert 7 onderskeidings – Top 50 in die VS

Leshke Coetzee 7 onderskeidings – Top 50 in die VS

Anja Kotzè 6 onderskeidings

Cara-Lee Jordaan 6 onderskeidings

Chrisna van Tonder 6 onderskeidings

Hesmari Maartens  6 onderskeidings

Hanjo Du Randt  6 onderskeidings